Tuis
Nuutste | Dagboek | Album | Stories
Reisplan | Kommentaar | Kontak Ons |
 
 
 
Olot , Spanje/Spain : Terug op die fietse vir `n 57km been op die nou spoor roete van Girona na Olot. Vir die Cataloniërs (die semi-Spanjaardse inwoners) wat van Olot af fietsry was daar aanvanklik `n kort klimmetjie en dan vir die res van die dag net hier en daar `n trappie om seker te maak die spoed val nie onder 35km/h nie. Ons verkeerd-om baai-na-berg benadering kos effe meer perspirasie in stoei met gravitasie, maar met `n gemiddelde helling van 2% mag mens seker nie kla nie, al is jy goed daarmee

Vol Storie
 
 
 
 
Figueres , Spanje/Spain : W is baie dankbaar om vanoggend die lig te sien. Na `n aand van ingewikkelde nagmerries wat klink soos `n makabere smeltpot van Dexter en Lost (dalk sy onderbewussyn wat oorloop van `n oordosis van dié TV reekse) waar elke nuwe verwikkeling in `n martelsessie met hom as slagoffer uitdraai, is realiteit `n welkome verligting. Ons is dus stadig uit die vere en in `n effense waas as ons die treinkaartjies na Figueres koop. Gelukkig is dit kinderspeletjies...

Vol Storie
 
 
 
 
Girona , Spanje/Spain : Vasbeslote om nie die kus te verlaat sonder `n doop in die middelandse see nie, is dit `n vaart teen uittekentyd wat ons strand toe dryf. Met nie veel meer as `n lugspieël se aanspraak op golwe nie, kompenseer die kuslyn hier en daar vir sy gebrek aan opwinding met `n paar topless-tannies – kampvegters vir bates se gelyke regte tot bloot-stelling aan sonsteek.

Vol Storie
 
 
 
 
Sant Feliu de Guixols , Spanje/Spain : Tegnies is die 23km na Sant Feliu de Guixols seker nie ideale fietsry pad nie. Daar is geen skouer nie en heelwat verkeer. Maar die kronkel pad op-en-af langs die Middelandse see verskaf soveel kyk plesier dat mens beswaarlik agter kom dat daar `n string motors geduldig agter jou wag om verby te kom. Soos dit hoort in `n wêreld waar petrol verbruikers die natuur se nommer een vyand is.

Vol Storie
 
 
 
 
Tossa de Mar , Spanje/Spain : Barcelona is fantasties, maar ons breek die hipnotiserende greep wat Gaudi se verstommende ontwerpe op ons het, verdwyn ondergronds (dink metro-stasie, nie revolusie/spioenasie nie) en word uitgespoeg in `n relatiewe klein dorpie so 6 of 7 nudiste strande noord van Spanje se 2de grootste stad. Neem gerus ons woord, die befaamde kuslyn van die Middelandse see is nie bestrooi met supermodelle, of gewone modelle, of selfs matig aantreklike agtergrond karakters vir radio advertensies nie.

Vol Storie
 
 
 
 
Barcelona , Spanje/Spain : Eers bevestg die heelal weer dat dit nie elkeen se roeping is om kliënte te bedien nie. Die vrou agter die Renfe toonbank – waar ons probeer uitvind hoe ons by Blanes (`n kusdorpie so entjie noord van Barcelona) kan kom – gooi sadisties haar ses-sinne-per-sekond spaanse tongknopers elke keer as ons haar versoek om stadiger te praat sodat ons kan verstaan. Haar stief-koningin botox glimlag sê iets soos: "Ek put louter genot uit elke oomblik van jou grammatikale worsteling, Engelsman"...

Vol Storie
 
 
 
 
Barcelona , Spanje/Spain : Die plan is om die verdere uit hoeke van Barcelona te besoek wat beteken ons is bietjie vroeër weg as normaalweg om die mal Maandagoggend verkeer te systap. Iets wat baie maklik blyk te wees siende dit uit draai om Sondag te wees.

Vol Storie
 
 
 
 
Barcelona , Spanje/Spain : Die twaalfde is Gaudi dag in ons kalenders. Die strate is bestrooi met sy skeppings en dit is ons taak om soveel as moontlik daarvan te sien, Ons begin by Casa del Punxes, meer `n formele gebou met konserwatiewe gebou met hier en daar bietjie van die Gaudi kenmerke.

Vol Storie
 
 
 
 
 
Humor | Kopiereg/Copyright | Kontak Ons